Uvongo Falls 23

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uvongo Falls 23 is in 'n veilige, seefrontkompleks in Uvongo geleë, 'n rustige kusdorp aan die Hibiskuskus. Die vriendelike dorp het 'n ontspannende vakansie-atmosfeer met ongerepte strande en lowerryke, subtropiese plantegroei wat bydra tot die natuurskoon.

Dié smaakvol versierde woonstel beskik oor 3 ruim slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en basiese toebehore. Die oopplan-sitkamer het 'n TV en skuifdeure wat toegang bied tot die patio waar gaste die uitsig oor die rivier en see kan geniet. Veilige parkeerplek is beskikbaar in die kompleks.

Die kompleks het gemeenskaplike braaigeriewe, swembaddens, binnetuin, gimnasium, hysbak, sauna, stoomkamer, sentrale lugversorging en 24 uur-sekuriteit.

Slaapplek

'n Bespreking by Uvongo Falls 23 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uvongo Falls 23 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za