Vrystaat Akkommodasie by Vale2Vaal | LekkeSlaap
+25

Vale2Vaal

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erf van Excelsior Plaas 217, Vaal Eden-pad, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 300 per nag (plek vir 17)

Beskrywing

Vale2Vaal is 'n selfsorggastehuis op 'n privaat eiendom ongeveer 20 km buite Parys op die Vaal Eden-grondpad. Die rivieroewer is slegs 50 m van die huis af en kranige vissermanne en -vroue kan ure hier deurbring.

Dié gastehuis is direk op die Vaalrivier en het slaapplek vir 12 tot 15 gaste. Die huis beskik oor 3 suites elk met 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die suites is op die boonste verdieping en bied 'n fantastiese uitsig oor die rivier. Elke hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed of 'n dubbelbed. Elke tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Ekstra slaapbank is op versoek beskikbaar. Hoewel die suites op versoek apart bespreek kan word, is die gastehuis ideaal vir gesinne of groepe vriende wat die hele gastehuis vir hulleself wil geniet.

Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer, 'n klein sitkamer en 'n TV met volledige DStv op die onderste verdieping. Gasbraaigeriewe en 2 draagbare houtskoolbraaie is op die patio beskikbaar en gaste kan die onthaalarea met 'n snoesige kroeg geniet. Die Jacuzzi is van 1 September tot 30 April gratis beskikbaar. Daar is ook gratis WiFi.

Die eienaars woon op die erf, maar die gastehuis is 'n aparte gebou.

Gaste het toegang tot 3 kano's wat op eie risiko gebruik word. Reddingsbaadjies word voorsien. Daar is 'n eendjiedam met verskeie eende, ganse, en twee swart swane op die perseel.

Slaapplek

’n Bespreking by Vale2Vaal sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 5
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Vale2Vaal
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Erf van Excelsior Plaas 217, Vaal Eden-pad, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Vale2Vaal het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 17)
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 17)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erf van Excelsior Plaas 217, Vaal Eden-pad, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABvxUQXXmRmfSki8ybkbQ8PyFDduoQh1j2SQGOCWBrFVrufvkxd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 300  per nag (plek vir 17) 6 5 1 5 Portion of the Farm Excelsior 271 Vaal Eden Road 9585 Vrystaat 086 999 0018 14:00-00:00 11:00 -26.804970155003 27.517630905416
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za