Oranjezicht Akkommodasie by Valentine Villa | LekkeSlaap
+17

Valentine Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo Buitenkant-straat 168, Oranjezicht, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Valentine Villa is 'n lieflike huis in Oranjezicht en is stapafstand vanaf die welbekende Gardens Winkelsentrum en verskeie restaurante en koffiewinkels.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en is ideaal vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is 2 driekwartbeddens in elkeen van die ander 2 slaapkamers. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe, en maaltye kan by die etenstafel geniet word. In die sitkamer is daar 'n TV met DStv en 'n knus kaggel. WiFi is ook beskikbaar.

Die oopplan-leefarea lei na 'n lieflike binnehof met 'n eetarea, braaigeriewe en 'n swembad. Die huis het 'n alarmstelsel en word 3 keer per week skoongemaak. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Valentine Villa sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Bo Buitenkant-straat 168, Oranjezicht, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo Buitenkant-straat 168, Oranjezicht, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgJyxDuESZMumZuD2x2cR0SCg7bHY5IprGhI875AtLNl3A3y1k4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R20 000  per nag (plek vir 6) 168 Upper Buitenkant Street Oranjezicht 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.935448352044 18.418732860119
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za