Valley's End Guest Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Valley's End Guest Cottages is geleë op 'n plaas genaamd Grootvadersbosch by Heidelberg in die Wes-Kaap.

Op hierdie plaas tussen Heidelberg, Swellendam en Barrydale word met Nguni- en Bonsmarabeeste en Dohne Merino-skape geboer. Van Valleys End af is die Langeberg, Grootvadersbosch Natuurreservaat en die Tradouwspas naby geleë.

Hier kan gaste plaaslewe op sy beste beleef. Hier kan jy stilte en vrede verwag. Gaste word gehuisves in goed-ingerigte en -toegeruste kothuise met wye uitsigte oor die hele plaas, omliggende plase en die Langeberg.

Gallery Cottage is 'n oopplan sit/eet/slaapkamer met kaggel, kombuis, badkamer met stort, en veranda met ingeboude braai. Akkommodeer drie gaste.

Stone Cottage bestaan uit 'n oopplan eetkamer/kombuisie, twee slaapkamers, badkamer met stort, veranda met ingeboude braai.

Blue Crane is 'n oopplan sit/eetkamer/kombuis met twee slaapkamers en 'n badkamer met stort en bad. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Valley's End Guest Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za