Uitenhage Farms Akkommodasie by Valley Bushveld Country Lodge | LekkeSlaap
+81

Valley Bushveld Country Lodge

B&B
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prentice Kraal, Cockscomb-pad op die R75, Uitenhage, 6232, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Valley Bushveld Country Lodge is 'n safari-lodge wat deur die eienaar bestuur word. Dit is in die Oos-Kaap geleë en gebou op 'n privaat wildreservaat op die oewer van die Coega-rivier, net 200 m van die R75 af onderweg na Addo, Kirkwood en Graaff-Reinet.

Die lodge het 'n sentrale eetkamer en 'n ruim en stylvolle sitkamer met 'n kaggel en kroegarea wat uitkyk die rivier en natuurlike rotswand in die verte. Die lodge het 2 dubbelkamers met slaapplek vir 2 gaste in elk, 2 Deluxe-dubbelkamers wat elk slaapplek vir 2 gaste het en 2 kamers met 2 enkelbeddens elk. Die kamers is smaakvol gemeubileer met 'n Afrika-gevoel en al die nodige luukshede soos gehalte-linne en dekor. Elke kamer het ook 'n yskassie propvol voorraad en 'n TV en ons voorsien 'n professionele skoonmaakdiens.

Op koue wintersaande sal jy 'n knetterende vuur in die groot kaggel aantref, en op warm somersdae is daar geen beter plek om in die son te lê en bak, as langs ons wonderlike swembad, nie.

Die lodge is 'n diereliefhebber se paradys, met 17 spesies wat die privaat reservaat hul tuiste noem. As jy op die stoep sit, kan jy ons grootwild gewaar, insluitend die kameelperde, blouwildebeeste, sebra's, rooibokke, jakkalse, rooikatte en vlakvarke. Kleinwild is ook hier te vinde en kan raakgesien word indien jy mooi kyk, die kleinwild-spesies sluit die meerkatte en ystervarke in, sowel as die primate: bobbejane en blouapies.

Verskeie voëlspesies, insluitend die majestueuse witkruisarend, het kom nesskop in die bosveld en teen die berghange langs die rivier. Die omliggende plantegroei is 'n vetplant-paradys met aalwyne, Euphorbia's en spekbome wat welig hier groei langsaan die beskermde kokerbome en inheemse strelitzia.

Die lodge bied 'n absolute onbelemmerde en panoramiese uitsig oor die veraf berge, tradisionele gourmet-kookkuns, wonderlike sonsondergange en unieke storievertellers. Dit alles dra by tot 'n prettige en ontspanne atmosfeer. Die uitsig van die Jacuzzi's af is absoluut asemrowend en daar is altyd die kans dat jy dalk 'n wildsbokkie naby jou kan sien wei, terwyl jy ontspan met 'n glasie Suid-Afrikaanse vonkelwyn, of uitstekende landgoedwyn uit ons eie versameling, in die hand. Die Jacuzzi mag dalk nie beskikbaar wees tydens droogtes nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 19 resensies vir Valley Bushveld Country Lodge
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Prentice Kraal, Cockscomb-pad op die R75, Uitenhage, 6232, Oos-Kaap
  • Gaste dink Valley Bushveld Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Uitenhage Farms Oos-Kaap
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prentice Kraal, Cockscomb-pad op die R75, Uitenhage, 6232, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdFKLjp59cz6qYfyElU79AQCpEA4lTVmKx0VwlvQer5LySJ4lvk?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 19 5 1 5 Prentice Kraal Cockscomb Road on R75 6232 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.631893944287 25.44329248214
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za