Valley Guest House
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Jutland-singel 10, St Georges Park, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R720 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Dié gastehuis dateer uit 1928, is in 1995 opgeknap en in 1996 as 'n gastehuis geopen. Die huis is sentraal geleë in die Baakensriviervallei in 'n doodloopstraat met 'n uitsig oor die Settlers Park Natuurreservaat. Dit is stapafstand van die St Georges Park-krieketveld en die hospitaal af.
Ontspan op die veranda terwyl jy die voëllewe in die enorme nabygeleë koraalboom geniet: glasogies, suikerbekkies, Knysna-loeries en selfs die kroonarend kom kuier gereeld hier.
Daar is 'n gerieflike en suite-kamer met 2 enkelbeddens en nog 'n groot enkelbed, 'n en suite-kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stoepkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n groot enkelbed. Die ontbyt sluit vrugte, ontbytgraan, eiers en spek in, en kan op die stoep bedien word (wanneer die weer dit toelaat). Middag- en aandetes kan op versoek bedien word indien dit 24 uur voor die tyd gereël word.
Al die kamers het platskerm-TV's, yskassies en koffie- en teemaakgeriewe.
Die stoepkamer het 'n privaat ingang en 'n eetarea wat via die spiraaltrap bereik word. Die kamer is dus nie geskik vir bejaardes en kinders nie. Die stoepkamer spog met 'n spa-bad, maar die gebruik daarvan moet eers met die bestuurder bespreek word gedurende die droogte en waterbeperkings. Rook is verbode in die huis.
Gratis parkeerplek is vir 1 motor per kamer op die perseel beskikbaar.
Plaaslike besienswaardighede sluit in die Central Area English Settler Cottages, die historiese St. Georges Park met sy Victoriaanse konservatorium, Nelson Mandela-baai Kunsmuseum, Fort Frederick, die Donkin Gedenkteken, die Campanile en die burgergeboue wat pragtig gerestoureer is.
Die gastehuis is net 40 km van die Addo-olifantpark af en informele besoeke kan gereël word. Die pragtige strande en kasino is ook net 'n paar minute se ry van Valley Guest House af, en al wat tussen jou en die Tuinroete en Tsitsikamma Natuurreservaat staan is 2 ure agter die stuur.
Kenmerke
Geriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Jutland-singel 10, St Georges Park, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink Valley Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St Georges Park Port Elizabeth Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Jutland-singel 10, St Georges Park, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom