Valley of the Rainbow Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Valley of the Rainbow Estate is 'n privaat landgoed naby Dullstroom en net 2 ure se ry vanaf Johannesburg. Dié landgoed bied die perfekte wegbreek vir paartjies, gesinne of vriende en is ideaal vir enige natuurliefhebber.

Die Manor Gastehuis spog met 'n kroeg, eetkamer, konferensielokaal en 'n ruim sitkamer met 'n kaggel vir koue wintersaande. Die dek bied 'n uitsig oor die rivier wat deur die vallei vloei. Gaste het 'n keuse tussen 5 en suite-kamers.

Die Watermill het 2 aparte slaapkamers met 'n ongelooflike uitsig oor die damme en woud. Elke kamer is ruim en het 'n snoesige koninggrootte-bed, 'n leefarea met 'n TV met DStv en 'n en suite-stort. Daar is ook 'n wynkoeler met wyn en 'n yskassie. Die Watermill lei na 'n gesellige kroeg en leefarea met 'n yskassie, wynkoeler en 'n TV met DStv. Die kaggel op die onderste verdieping is 'n lekker plekkie om in die winter warm te word.

Die Country House het 5 dubbelkamers met en suite-badkamers en bied toegang tot die stoep met 'n pragtige uitsig oor die vallei. Die Country House is selfsorg en het slaapplek vir 10 gaste.

Die Tented Chalets bied avontuurlustige gaste die geleentheid om die natuur te ervaar. Elke Tented Chalet het 'n en suite-badkamer, kombuisie en 'n dek met 'n pragtige uitsig. Die gesin-chalet bied slaapplek aan 4 gaste en die wittebrood-chalet het slaapplek vir 2 gaste.

Die Log Cabins is in 'n inheemse woud weggesteek en bied aan gaste 'n afgeleë gebied om die natuur se rustigheid te ervaar. Dié eenslaapkamer-cabins bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n lieflike bad en stort en 'n aparte toilet. Die kombuis het 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die kaggel in die sitkamer skep 'n intieme atmosfeer vir paartjies.

'n Vyfgangmaaltyd en volledige ontbyt word ingesluit vir gaste in die Manor Gastehuis, die Mill en die Mill Kamer.

Kom ontspan in die natuur en waardeer die natuurlike skoonheid wat Valley on the Rainbow bied. Ander doendinge sluit voetslaan na die rotspoele, voëlkyk en kunsvlieghengel in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Valley Of The Rainbow Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za