Valley View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Valley View is 'n selfsorgkothuis op die eienaar se perseel in Knysna Heights. Dié eiendom is in 'n ideale bestemming geleë en slegs 'n motorrit ver vanaf verskeie bestemmings en geriewe in die dorp.

Die kothuis het sy eie ingang en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en kan teenmekaar geskuif word op versoek. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Die oopplan-kombuis het 'n yskas, 'n tweeplaatstofie, 'n groot pan, broodrooster, ketel, koffie, dompelkoffiepot, eetgerei en breekware.

Die sitarea langsaan het 'n tweesitplekbank, 2 stoele en 'n TV (geen DStv) met 'n DVD-speler met 'n verskeidenheid van DVD's. Let asb. daarop dat daar nie 'n dekodeerder is nie, maar gaste kan hul eie saambring. Die leefarea bied toegang tot die tuin wat draagbare braaigeriewe het. Parkeerplek op die perseel is onderdak en goed belig vir 1 motor.

Valley View is 2 tot 3 km vanaf die middedorp waar gaste kan kies en keur tussen die Knysna Mall, restaurante, winkels, Waterfront Knysna Quays en vele ander besienswaardighede op hierdie gedeelte van die Tuinroete.

Slaapplek

'n Bespreking by Valley View sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Hongaars

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Valley View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false