Vergenoegd

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vergenoegd beskik oor 2 eiendomme langs mekaar in Panorama, 'n Kaap-Hollandse huis en 'n siersteenhuis. Dis 300 m vanaf Panorama Mediclinic en Mediese Sentrum (sien asb. die ligging van die MediClinic in die foto's).

Vergenoegd bied 7 verskillende tipes verblyf in 5 kamers met selfsorggeriewe, 'n Enkelwoonstel (Bachelor flat) op die grondverdieping en 'n Duplekswoonstel met 'n slaapkamer bo vir gaste wat kort- tot mediumtermynverblyf soek. Die 5 kamers, Enkelwoonstel en Duplekswoonstel is almal en suite behalwe die eenheid, Tafelberg, se badkamer is oorkant die kamer wat slegs vir daardie gaste se gebruik is. Vergenoegd fokus op netheid en het vars linne en 'n warm, skoon leefarea.

Elke kamer het 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe vir basiese selfsorgverblyf. Die woonstelle het ook 'n kookplaat om kos te maak. Daar is ook DStv SuperSport, KykNET, lugversorging en gratis optiesevesel-WiFi.

Die lieflike kamers en tuine is ideaal om in te ontspan en die rus en vrede te geniet. Daar is veilige parkeerplek wat gesluit word.

Verskeie restaurante, wegneemeetplekke en winkelsentrums is tussen 250 m tot 1 km van die verblyf af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vergenoegd gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za