Stilbaai-Wes Akkommodasie by Vermaak-Likheid Garden Cottage | LekkeSlaap
+51

Vermaak-Likheid Garden Cottage

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 119, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R635 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Vermaak-Likheid is 'n selfsorgkothuis langsaan die hoofhuis. Dit is net 'n klipgooi weg van die Goukourivier wat uitmond in die warm Indiese Oseaan. Hierdie riviermonding is slegs oop wanneer die gety hoog genoeg is. Vermaak-Likheid is net 100 m van die swemarea af in die Goukourivier en ongeveer 400 m vanaf die riviermonding, wat lieflike uitsigte bied in alle rigtings.

Die kothuis het slaapplek vir tot 4 gaste en bestaan uit 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Daar is 'n dubbelbed in die slaapkamer. Die badkamer het 'n stort en 'n wasbak, asook 'n aparte toilet. Daar is ook 'n driekwartbed en 'n enkelbed in die oopplan-leefarea.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n wasbak, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, diepvrieskas, 'n ketel, broodrooster en 'n tweeplaat-gasstoof. Daar is gemaklike rusbanke en stoele en 'n TV met plaaslike kanale in die leefarea.

Veilige parkeerplek agter 'n hek is beskikbaar. Goedgemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by Vermaak-Likheid Garden Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Vermaak-Likheid Garden Cottage
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Waterkantstraat 119, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vermaak-Likheid Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R635
per nag (plek vir 4)
Vanaf R635
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 119, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ZMLWK87e4oh7LY07s3491kGrnhE93tOWINhaffHTSGCgL8lv3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R635  per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 119 Waterkant Street Stilbaai 6674 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.375079255035 21.417177468538
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za