Villa Arcadia

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Arcadia is op die grens tussen Fresnaye en Bantrybaai in die spoggerige Arcadia-straat geleë. Die villa bied asemrowende, panoramiese uitsigte oor die see, stad en berge en dit is gerieflik na aan die strande, die V&A Waterfront en die Kaapse middestad.

Villa Arcadia bied slaapplek vir tot 6 gaste en dit beskik oor 3 ruim en suite-slaapkamers, 'n sitkamer, kombuis en eetarea. Al die slaapkamers is op die tweede verdieping en almal is ewe groot. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-stort. Albei hierdie kamers bied see-uitsigte. Die derde slaapkamer is ideaal vir kinders en beskik oor 'n koningingrootte-bed asook 'n dagbed, en 'n en suite-stort. Dié kamer lei na 'n klein speelarea met kunsgras.

Die oopplan-sitkamer, -kombuis en -eetarea is op die onderste verdieping van die villa en spog met hoë plafonne wat dit baie oop en ruim laat voorkom. Geriewe in die kombuis sluit die volgende in: 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die sitkamer maak op die patio oop, met 'n swembad, gasbraai en etenstafel. Dit is die perfekte plek om luilekker somermiddae deur te bring. Die plonspoel het 'n net vir die veiligheid van jou kinders.

Volledige DStv en onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die huis het 'n alarmstelsel en gaste het direkte toegang tot die huis deur die motorhuis. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Arcadia sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Arcadia gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R15 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za