Villa Boheme

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Boheme bied gerieflike selfsorgveblyf in 'n stylvolle drieslaapkamerhuis. Dié Mediterreense huis is op 'n heuwel by Paradise Beach in Langebaan en bied panoramiese uitsigte oor die pragtige strand en die see.

Villa Boheme het 3 vlakke: Die eerste vlak bestaan uit 'n ruim oopplan-kombuis en -sitarea wat oopmaak op 'n patio met 'n uitsig oor die strand. Die sitarea het gerieflike leerbanke en 'n binnebraai. Dié vlak het ook 2 slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met stort, wasbak, en toilet, en 1 met 2 enkelbeddens en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede vlak het 'n slaapkamer-suite met 'n koningingrootte-bed en 'n en suit-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n gasstoof en oond, mikrogolf en yskas. Daar is 'n TV met volledige DStv in die sitarea. En die motorhuis het plek vir 1 motor. Ekstra parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Villa Boheme se ligging is ideaal vir besoekers wat Langebaan wil verken. Dit is lekker naby Club Mykonos en Laguna Winkelsentrum. En gaste kan gerus 'n draai gaan maak by die Weskus Nasionale Park, Buffelsfontein Wild- en Natuurreservaat, Langebaan Country Estate met sy gholfbaan, restaurante, en die pragtige strand al langs Langebaan se strandmeer.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Boheme sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Boheme gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 890 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za