Villa Chanté

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 3 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Villa Chante bied gesinsvriendelike selfsorgverblyf en gasvryheid in die rustige omgewing van die Danabaai Bewarea, net 9 km vanaf Mosselbaai se hartjie. Villa Chanté is gebou op die rand van 'n vallei waar jy 'n uitsig het oor die see in die verte, fynbos, bosbokke wat oral op die perseel wei en 'n ryk voëllewe.

Villa Chanté spesialiseer in familie-saamtrekke, verblyf vir sakereisigers en naweekvakansies. Ons kan byna enige aantal gaste akkommodeer, van 1 persoon in ons enkel-eenhede, tot 8 gaste in die 4-slaapkamer-eenheid.

Die kombuise en kombuisies is ten volle toegerus, en daar is braaigeriewe binne en buite asook toesluitmotorhuise by van die eenhede. Verder is daar en suite-badkamers, platskerm-TV's met DStv, gesellige leefareas en 'n gemeenskaplike sondek. Eenheid 3, 4 en 7 is rolstolvriendelik en Eeneheid 3, 4 en 6 is troeteldiervriendelik. Maak asb. seker die eenheid wat jy bespreek beskik oor die spesiale geriewe. Eenheid 1, 2, 5 en 8 word met trappe bereik.

Buiten die feit dat Mosselbaai, volgens die Guinness Book of Records, een van die mees gematigde klimate in die wêreld het, is daar ook talle wildreservate, gholfbane, die Garden Route Casino, gesondheidspa’s, restaurante en winkelsentrums naby. George Lughawe is min of meer 25 minute vanaf Villa Chantè. Danabaai, waar Villa Chanté geleë is, het twee mooi strande en is gewild onder hengelaars. Ons is sentraal geleë om die Tuinroete, Kango-grotte (deur die skilderagtige Robertson-pas) en nog baie meer te verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Chanté gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R595 R536 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af. Geldig vanaf 3 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za