Villa Coloniale Private Luxury Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Coloniale Private Luxury Retreat is 'n luukse 5-ster-gastehuis in die hartjie van die Constantia-vallei. Die gastehuis bied elegansie, rustigheid en privaatheid. Die oomblik wat jy die gastehuis betree sal jy die rustige en vreedsame atmosfeer ervaar.

Die suites is in 'n bekoorlike, geskiedkundige, koloniale gebou wat onlangs opgeknap is en geleë is in 'n pragtige, romantiese tuin geleë met 'n stroompie met wilgerbome al langs die oewer wat daardeur vloei.

Al die gaste-suites het sy eie ingang, is ruim en beskik oor 'n groot leefarea, slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n aparte stort en 'n private stoep. Die vertrekke is lig en lugtig en elk individueel versier in die Koloniale styl. Dit skep 'n elegante atmosfeer.

'n Heerlike, volledige ontbyt word in die tuin voorgesit, op die stoep, of in die suites, na gelang van 'n gas se voorkeur. Die tuin skep 'n rustige atmosfeer, bied privaatheid en sekuriteit en daar is 'n groot soutwaterswembad en 'n setperk vir gaste.

Ons dienste is uitstekend en die interaksie tussen personeel en gaste interaksie asook persoonlike betrokkenheid van die eienaars bied 'n harmonieuse atmosfeer.

Villa Coloniale Private Luxury Retreat is die ideale ligging vanwaar gaste die Kaapse Skiereiland kan verken. Die bekende en historiese wynplase Buitenverwachting, Groot Constantia, Klein Constantia, Steenberg en Uitsig en van die land se beste restaurante is binne loopafstand van ons af. Ons is ook slegs 'n paar minute van van Suid-Afrika se bekendste gholfbane af.

Dan is daar die gonsende middestad van Kaapstad, die V&A Waterfront, die veerboot na Robbeneiland, Tafelberg, Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin, die beroemde wit strande van Valsbaai of die Weskus. Chapman’s Peak en die Kaapse Skiereiland Nasionale Park is net 'n entjie se ry van ons af en die Kaap van Goeie Hoop af en Kaappunt is slegs 'n uur se ry.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits
  •  Italiaans
  •  Switsers

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Coloniale Private Luxury Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za