Villa de Vie Self Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa de Vie Self Catering is in Brackenfell, 'n voorstad van Kaapstad, geleë en bied gehalteverblyf wat ideaal is vir sakereisigers, familiebesoeke of vir diegene wat vir 'n geliefde in die hospitaal kom kuier. Die kompleks is naby verskeie winkels, restaurante en ander geriewe geleë.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir tot 4 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n koninggroote-bed en die tweede slaapkamer is ingerig met 'n stapelbed. Daar is 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak in die badkamer.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskas, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en 'n slaapbank vir 'n ekstra gas.

Die kompleks bied ook vir gaste veilige parkeerplek en die gebruik van die tennis- en muurbalbane.

Brackenfell is naby die bekende Wynroete en net 20 minute se ry van Kaapstad se stadskern af.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa de Vie Self Catering sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa De Vie Self Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za