LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Villa Konstanja | LekkeSlaap
+46

Villa Konstanja

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cormorantstraat 11, Golden Mile, St. Helena, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Villa Konstanja is in een van Suid-Afrika se mooiste areas teen die Weskus geleë. Die nuutgeboude villa is 'n selfsorg-eenheid. Die villa is ongeveer 3 minute se stap vanaf die naaste strand.

Met 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n beeldskone ruim oopplan-kombuis, binnenshuise braai, sitkamer met volle DStv, 'n buitebraai en 'n swembad, is die villa ten volle toegerus sodat jy jou tyd by ons kan geniet. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, skottelgoedwasser, potte, panne, eetgerei, breekware en al die ander nodige toebehore. Buite is daar 'n waskamer met 'n wasmasjien.

Hier word jy wakker met die golwe se gedruis in jou ore en ruik jy die see as jy die skuifdeur oopmaak. In die winter kan almal snoesig in die sitkamer kuier terwyl die binnebraai die villa lekker warm maak.

Ons is troeteldiervriendelik.

Op luilekker dae kan jy op die strand drentel of in die son lê by Golden Mile se wit strand. Die area is eiesoortig met sy lang wit strande, vars seekos en asemrowende uitsigte. Villa Konstanja is net 'n uur en 'n half se ry vanaf Kaapstad, wat dit die ideale plek maak vir 'n naweekwegbreek of 'n jaarlikse vakansie.

Kenmerke

Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Troeteldiere indien gereël

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 15 resensies vir Villa Konstanja
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Cormorantstraat 11, Golden Mile, St. Helena, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Konstanja het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cormorantstraat 11, Golden Mile, St. Helena, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdmMjNmZDc0LTZlM2UtNGZiZS1hODY4LTFiN2Y0NmMwMzY5Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 6) 15 5 1 5 11 Cormorant Street Golden Mile 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 11:00 -32.721617988422 17.954703160713
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!