Villa Mariss Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Villa Mariss Guest House is in Kaapstad se Noordelike Voorstede, net 1 km vanaf die Cape Gate Winkelsentrum en 'n kort entjie se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af. Die gastehuis is ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers. Hier kry jy uitstekende waarde vir geld, styl, gerief, en hartlike gasvryheid wat jou op jou gemak sal laat voel van die begin af.

Ons bied verblyf in gerieflike, smaakvol versierde, en suite-gastekamers. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, 'n haardroër en werkspasie. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Gaste het toegang tot die stoep se braaigeriewe en dit is 'n rookarea. Ontbyt kan op versoek en teen 'n ekstra koste bedien word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Mariss Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R855 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za