Villa Mia 12
Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Katonkelstraat 1, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 200R960 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Villa Mia 12 is 'n selfsorg-eenheid wat op die hoofweg van St. Lucia in KwaZulu-Natal geleë is. Die woonstel is stapafstand van talle restaurante, winkels en ander geriewe af.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan tot 6 persone op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n klein kluis vir waardevolle items. Die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens wat 4 persone gemaklik kan akkommodeer. Hierdie kamer het ook oorgenoeg kasspasie. Die gedeelde badkamer het 'n stort oor 'n bad, 'n toilet en wasbak.
Die leefarea beskik oor 'n oopplan-kombuis en 'n sitarea. Die kombuis is toegerus met al die nodige geriewe vir selfsorg. Handdoeke word nie voorsien nie. Die sitkamer het gemaklike sitplek asook 'n TV met DStv en lugversorging.
Daar is 'n buitebraai-area met sitplek waar gaste lekker saam 'n maaltyd kan voorberei. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad, piekniekareas en parkeerplek vir gaste se gebruik.
Die area is divers en bied baie doendinge en besienswaardighede. Dit sluit in die baie gewilde Umfolozi Park, Die Isimangaliso Vleiland Park, Cape Vidal, die Saint Lucia-meer wat 'n voëlpark, krokodilplaas asook 'n kaasfabriek insluit wat gaste tydens hul verblyf kan besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Stapelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Joan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 77
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Katonkelstraat 1, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Villa Mia 12 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Katonkelstraat 1, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang