St Lucia Estuary Akkommodasie by Villa Mia 7 | LekkeSlaap
+9
+9

Villa Mia 7

  • Vanaf R1 400 per nag (vir 6 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katonkelstraat, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Villa Mia 7 is 'n selfsorgwoonstel wat in St Lucia geleë is. Dié kusdorpie aan KwaZulu-Natal se Olifantkus is die poort tot die iSimangaliso Vleilandpark wat een van die grootste parke in Suid-Afrika is met lieflike wildsafari's, diverse ekosisteme, seekoeie, krokodille, bootvaarte op die riviermond en ongetemde wildernis wat gaste regoor die wêreld lok.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Daar is lugversorging en plafonwaaiers.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Daar is nie 'n dekodeerder beskikbaar nie, maar kliënte is meer as welkom om hul eie saam te bring. Die eenheid lei na 'n patio met braaigeriewe. Die patio het 'n uitsig oor die gemeenskaplike swembad en daar is parkeerplek agter 'n elektriese hek.

Slaapplek

’n Bespreking by Villa Mia 7 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 13 resensies vir Villa Mia 7
Netheid
4.2/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Katonkelstraat, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Villa Mia 7 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katonkelstraat, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMyMzg0YTVjLWY0MDktNDg5MS1iZTA2LTNiNmRhZWU3MDhkYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 6 persone) 13 5 1 5 Katonkel Street St Lucia 3936 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-18:00 10:00 -28.374769 32.412342
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za