Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Paradisa

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Watsonia-rylaan 9, Paradise, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Villa Paradisa is in Knysna en bied luukse verblyf met 'n pragtige uitsig op die bekende Knysna-koppe en oor die strandmeer. Dis ideaal vir 'n vakansie, wittebrood of 'n romantiese wegbreek.

Die villa het 3 suites en 1 gastekamer wat elkeen uniek versier en gerieflik ingerig is. Elke suite is ruim met 'n lieflike uitsig oor die strandmeer en deur die Knysna-koppe. Elke slaapkamer het ondervloerse verhitting, 'n elektriese waaier en koninggrootte-, koningingrootte- of enkelbeddens met perkallinne. Die badkamers het elkeen 'n groot bad en 'n aparte glasstort. Die wittebroodsuite, die Oyster Room, het 'n spa-bad met 2 kapteinsitplekke. Die badkamers het ondervloerse verhitting en verhitte handdoekrelings. Badhanddoeke, kamerjasse en ander produkte is beskikbaar. Daar is ook 'n TV, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Geniet skemerkelkies op die stoep of die pawiljoen by die swembad. Gaste kan ook die dorp se liggies oor die water sien flikker en by Knysna se toprestaurante gaan eet.

Villa Paradisa is net minute vanaf die waterfront en middedorp en dis die ideale basis vir diegene wat dié deel van die Tuinroete wil verken. Gaste kan die pragtige strand besoek, bootvaar, visvang, waterski, kanovaar, walviskyk, abseil, valskermsweef, gholfspeel en in die woud wandel.

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Villa Paradisa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Watsonia-rylaan 9, Paradise, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Paradisa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Watsonia-rylaan 9, Paradise, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA588191190176da5e13feedce8ab2a822531e96fd174881c1931685190282febdc43178301388b60c143b537940e1b82629ba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 9 Watsonia Drive Paradise 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -34.03332 23.03235