Villa Royale 502

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Royale 502 is 'n seefront-vakansiewoonstel in 'n residensiële seefrontkompleks in Sheffieldstrand naby Ballito. Dié prentjiemooi dorp is die ideale bestemming vir gaste opsoek na 'n rustige wegbreek by die see en spog met lang strande.

Die eenheid het net slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers. 2 van die slaapkamers het 'n dubbelbed het en die derde slaapkamer het 'n stapelbed vir kinders. Die eenheid het 2 badkamers wat elkeen 'n bad of 'n stort het.

Daar is 'n 1 uur lange skoonmaakdiens Maandae tot Saterdae (openbare vakansiedae uitgesluit). Beddens word opgemaak, die badkamer skoongemaak en vloere gevee en gewas. Die was van skottelgoed is egter nie ingesluit nie.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en kookgerei. Die eenheid het ook 'n TV met DStv Premium, 'n wasmasjien, tuimeldroër en 2 toegewese parkeerplekke vir gewone voertuie.

Besprekings vir gaste onder 25 jaar word nie toegelaat nie. Besprekings moet ten minste 48 uur voor die inklokdatum gemaak word. Gaste moet hul ID's voorsien. 'n Vorm moet onderteken word dat reëls nagekom sal word en die besprekingsvorm moet ook voltooi word en voertuie se registrasie nommers insluit.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike braai-area en 'n swembad, en bied direkte toegang tot die strand via 'n steil voetpad naby die swembadarea.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Royale 502 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Royale 502 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 185 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za