Villa St Joseph

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa St Joseph is aan die voet van die Platberg op 'n 1000-hektaar plaas net 10 km buite die dorpie Ladybrand.

Selfsorgverblyf is beskikbaar in 2 losstaande eenslaapkamerhuise, huis 2 en 7, met aparte slaap- en sitkamers, toilet en stort en kombuis. Die kothuis is 'n dubbelvertrek-eenheid met 'n aparte toilet en stort.

Die kombuise van huise 2 en 7 het 'n gasstoof, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas. Al die eenhede het 'n TV en in huis 7 'n ingeboude kaggel vir daardie koel nagte. Daar is 'n patio met sitplek en braaigeriewe by al die eenhede.

Die kothuis het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is toegerus met tee- en koffiemaakgeriewe, mikrogolf en 'n yskassie.

Die plaas het 'n pragtige trou-venue en kapel. Doendinge op die plaas sluit voetslaanroetes, bergklim en voëlkyk in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa St Joseph gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R340 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za