Villa Vista

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Vista bied gehalteverblyf in 'n weelderige buurt in Somerset-Wes en is ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en oornaggaste. Dit is naby verskeie winkelsentrums, restaurante, die strand, wynplase, doendinge en besienswaardighede.

Verblyf word gebied in 2 woonstelle wat albei 'n stoep in die tuin met 'n groot swembad en pragtige see-uitsigte het. Dit is perfek vir stylvolle individue wat van rus, vrede, wyn en gholf hou.

Die groter eenheid het 'n ruim leefarea, eetarea en 'n oopplan-kombuis wat ten volle toegerus is. Daar is slaapplek vir 4 gaste. Die ruim slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en die leefarea het 2 enkelbeddens.

Die kleiner eenheid het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, stoofplaat, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Daar is 'n ruim lapa met braaigeriewe in die tuin, asook 'n swembad. Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel agter veiligheidshekke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Vista gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]