VillaDeVille
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Moepelstraat 6, Elspark, Germiston, Johannesburg, 2193, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R399 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
VillaDeVille is 'n instansie op die eienaar se perseel in Germiston. Verblyf word aangebied in 'n selfsorgwoonstel en 'n kamer in die hoofhuis.
Die selfsorgwoonstel het slaapplek vir 4 gaste, is volledig gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers wat elkeen met 'n dubbelbed ingerig is en 1 badkamer met 'n stort-oor-bad. Die kombuis is goed toegerus om etes voor te berei en beskik oor 'n yskas, mikrogolfoond, oond en stoof. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met volle DStv.
Die ruim slaapkamer in die hoofhuis het slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed, en daar is 'n badkamer met 'n bad en stort. Die kamer word daagliks skoongemaak en beskik oor 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond, haardoër en strykyster.
Gratis WiFi en veilige parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar op die perseel.
VillaDeVille is ideaal geleë 25 tot 30 minute se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Die perseel is ook 10 tot 15 minute se ry vanaf die Elsburg Tailing-kompleks, skole, kolleges, winkelsentrums en ander geriewe.
Let asb.: Ons respekteer ons gaste, maar vra ook dat ons gaste die eiendom asb. sal respekteer deur dit netjies agter te laat. Soos alle ander instansies, word reg van toegang voorbehou. Indien jy dus nie by die reëls hou nie, sal ons jou vra om die perseel te verlaat.
Let ook asb. daarop dat rook streng verbode is in die eenheid. Gaste mag wel buite rook.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Moepelstraat 6, Elspark, Germiston, Johannesburg, 2193, Gauteng
- Gaste dink VillaDeVille het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Germiston Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Moepelstraat 6, Elspark, Germiston, Johannesburg, 2193, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom