Ville Agape
Beskrywing
Ville Agape is in die hartjie van die Tsitsikamma-streek op die Tuinroete geleë. Dié plattelandse gastehuis bied selfsorg- of B&B-verblyf. Daar is geen beurtkrag by Ville Agape nie, aangesien daar nie van Eskom-krag gebruik word nie.
Die akkommodasie beskik oor 2 eenhede, elkeen my 'n privaat ingang. Elke eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed in die slaapkamer en 'n stort in die en suite-badkamer.
Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die eenhede bied toegang tot 'n privaat stoep met 'n sitarea. Braaigeriewe en veilige parkeerplek is ook beskikbaar. Elke eenheid het 'n TV met DStv.
Gaste kan visvang, voetslaan, rekspring, bergfietsry, perdry, 4x4 en kajak in die area. Daar is ook Suid-Afrikaanse orgideë om in die omgewing te sien en mak Alpine-bokke kan gevoer word. Gaste kan ook appelliefies in die tuin pluk.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Ville Agape gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |