Ville la'Rina

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 10 % af

Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Ville la 'Rina is 'n stylvolle, moderne woonstel in Plattekloof, Kaapstad. Dié eenheid is op die eienaar se perseel en dit bied pragtige uitsigte op Tafelberg en Kaapstad.

Ville la 'Rina is op die tweede vloer en het 'n privaat ingang wat via trappe bereik word. Hier is slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders in 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed, en daar is ook 'n slaapbank. Die badkamer het 'n stort, verhitte handdoekrelings, wasbak, en toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, induksiestoof, ketel, broodrooster, en kookgerei. Verder het die eenheid 'n TV, DStv, gratis WiFi en lugversorging. 'n Swembad, braaiplek en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Doendinge in die omgewing: Durbanville Gholfklub, Tygervallei en Canal Walk Winkelsentrums, Tafelberg, GrandWest Casino en Kaapstad se strande. Ville la'Rina is ook stapafstand vanaf Panorama Mediclinic en die naaste winkelsentrum.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ville La'Rina gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 R891 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]