LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Vin Suite | LekkeSlaap
+24

Vin Suite

5 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 5 resensies vir Vin Suite
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.4/5
Tersia C - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tersia C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflike lekker tyd belewe.

Die verblyf is verskriklik goed toegerus en baie baie netjies. Die eienares het aan al jou behoeftes gedink en voorsiening vir alles gemaak. Ons sal sonder twyfel weer daar gaan kuier dit was 'n fees.

Vin Suite's terugvoer

Beste Tersia,
Baie dankie vir hierdie rojale terugvoer, dit maak my hart altyd lekker warm as ek hoor dat my gaste hulle kosbare tyd weg van die huis en die gewone roetine voluit geniet tydens hul tuisgaan by ons in Vin Suite en so tuis voel dat hulle graag weer sal wil kom kuier.
Julle is droomgaste!! Baie dankie vir deurlopende meer as aangename kommunikasie en dat julle ons akkommodasie so netjies en skoon agtergelaat het!! Julle is altyd welkom en ons sien uit na die voorreg om jul volgende keer op ons werf te verwelkom!
Beste wense na die Noorde vir 'n voorspoedige 2020!
Vriendelike groete,
Nicolene
Vin Suite

Vin Suite
Rudolph L - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Rudolph L
Enkelreisiger

Netjies en skoon. Goeie reëlings vir in en uitklok. Let wel geen TV nie (slegs DVD soos onder vermaak aangedui).

DStv sal vir seker dit meer bemarkbaar maak. Die braaiplek wat aangedui is, is te ver van die woonstelle af en gaan problematies wees om te gebruik. Aircon behoort herstel/vervang te word.

Annemarie V - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Annemarie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Warm ontvangs, pragtige en gerieflike skoon verblyf en veilige parkering vir ons motor.

Dankie Nicolene vir al jou hulp om ons tuis te laat voel in Stellenbosch. Die verblyf was baie gerieflik en aangenaam en die handleiding oor die funksionering in die eenheid was besonder goed uiteengesit en baie handig.

Vin Suite's terugvoer

Beste Johannes (Jannie),

Baie dankie vir jul vriendelike terugvoer. Dit was 'n plesier om julle te ontmoet en te huisves en ek is baie bly om te hoor dat julle gerieflik en tevrede was tydens jul besoek aan Stellenbosch. Hoop die res van julle vakansie is baie aangenaam en dat julle weer sal kom inloer op Stellenbosch.

Beste wense vir julle!

Vriendelike groete,
Nicolene
Vin Suite

Vin Suite
Carisa P - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Carisa P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons verblyf was baie aangenaam.

Die eenheid het alles wat jy nodig mag hê en dit is super netjies. Dit is ook redelik sentraal, binne loopafstand na alles. Die onderdakparkering agter 'n skuifhek is ook 'n pluspunt. Nicolene is uiters behulpsaam en baie vriendelik.

Vin Suite's terugvoer

Liewe Carisa,

Baie dankie vir die heerlike, positiewe terugvoer en dat jy die moeite gedoen het om dit op die webblad te deel. Dit was 'n plesier om julle te huisves en te hoor dat aan al jul behoeftes voorsien is en die pittige kommunikasie vooraf en tussendeur - altyd 'n plesier vir 'n gasvrou en help dat alles mooi en glad verloop. Dis moes hoe ons dit wil hê!

Alle mooi wense vir julle, tot volgende keer.

Vriendelike groete,
Nicolene

Vin Suite
Rentia V - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Rentia V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies, gerieflik en stapafstand van restaurante.

Skoon, netjies en gerieflik! Veilige parkering. Stapafstand van pragtige Dorpstraat en restaurante.

Vin Suite's terugvoer

Hi Rentia
Ek sien nou eers jy het 'n gawe boodskap agtergelaat. Ek is baie bly julle is so tevrede by Vin Suite weg. Baie dankie vir die heerlike terugvoer.
Sien uit om julle weer welkom te heet.
Groetnis
Nicolene

Vin Suite
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stadlerstraat 14, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZjNTVlNTc5LTM1MDItNDMzMS04ZTAyLTg3YjNhYTUxZmZjYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050  per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 14 Stadler Street Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.939523729696 18.850039243698
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!