LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Vineyard Cottage | LekkeSlaap
+22

Vineyard Cottage

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fonteinstraat 32A, Darling, 0735, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 R1 440 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Vineyard Cottage is 'n snoesige selfsorgkothuis met 'n hoë ligging in die hartjie van Darling. Dié kothuis se rustige atmosfeer is gemáák vir besoekers wat smag na ontspanning, maar dit is ook ideaal vir diegene wat die pragtige omgewing wil verken.

Die pragtige kothuis se hoë ligging en die wingerd aan die voorkant laat dit vir mens voel asof jy in die Wynlande is en die amandelbome en olyfboord rond die plattelandse toneel mooi af. Die voorstoep se eindelose uitsig maak dit ideaal vir skemerkelkies.

Die Vineyard Cottage het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en oopplan-eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens wat ook opgemaak kan word as 'n koninggrootte-bed. Die kamer het 'n venster aan die voorkant so jy kan sommer in jou bed sit en kyk hoe die son opkom! Albei kamers het plafonwaaiers vir warm nagte en knus kombersies vir die winter. Daar is ook oorgenoeg kasruimte en 'n haardroër. Wit perkallinne en donsige handdoeke word voorsien. Die tweede badkamer het 'n bad en handstort, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien, puik toebehore, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 mense in die eetarea. Die woonkamer het 'n rusbank, 2 gemaklike stoele, 'n TV met 'n klankstelsel en 'n paar DVDs. Dit is ideaal vir besoekers wat rustig wil ontspan met 'n boek, musiek wil luister of by die kaggelstofie wil uitspan as dit koud is.

Vineyard Cottage skuil onder amandelbome en spog met 'n ommuurde stoep met 'n tafel en stoele vir gaste wat buite wil kuier. Daar is een motorafdak en staanplek vir nog 2 motors in die inrypad. Die huis het 'n alarmstelsel. En troeteldiere is welkom op versoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Vineyard Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 17 resensies vir Vineyard Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Fonteinstraat 32A, Darling, 0735, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vineyard Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Darling Weskus Wes-Kaap
was R1 800
Vanaf R1 440
per nag (plek vir 4)
was R1 800
Vanaf R1 440
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fonteinstraat 32A, Darling, 0735, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAzNjQ0MWEwLWEyMDAtNDg3Ny1hMDVkLTk2YzhlNDI0NzJhYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 800, nou Vanaf R1 440  per nag (plek vir 4) 17 5 1 5 32A Fontein Street Darling 0735 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.380142649692 18.382556046033
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!