Vino Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vino Apartment is 'n lieflike en luukse tweeslaapkamerwoonstel wat sentraal in Stellenbosch geleë is met gratis, vinnnige WiFi.

Dié woonstel is ideaal vir 4 mense en dit is ingerig met lugversorging. Elke kamer het 2 enkelbeddens met sy eie badkamer met 'n stort. Vir gerieflikheidsonthalwe word linne en handdoeke ook voorsien. Daar is uitstekende sekuriteit en veilige onderdakparkering.

Die kombuis is vir selfsorgverblyf toegerus en beskik oor 'n stoof en oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n wasmasjien. Die knus sitkamer is toegerus met 'n TV en DStv-pakket. Elke kamer het ook 'n elektroniese kluis.

Die woonstelkompleks het 'n swembadarea wat gaste kan benut. Parkeerplek is in 'n veilige kelder beskikbaar met afstandbeheer. Skoonmaakdienste kan ook vooraf gereël word. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Vino is 300 m vanaf die bekende Dorpstraat, asook die inligtingsentrum vir toeriste wat inligting gee oor doendinge en besienswaardighede in die omgewing. Dit sluit in verskeie wynlandgoedere en -kelders, bergfietsry-roetes, staproetes, Eagle Encounters en Segway-toere by Spier, Mooiberge padstal waar gaste aarbeie kan pluk, The Giraffe house en nog baie meer

Slaapplek

'n Bespreking by Vino Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vino Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]