Vioolsdrift Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vioolsdrift Lodge is in Vioolsdrift in die Noord-Kaap geleë. Dis slegs 400 m vanaf die Suid-Afrikaanse grens en bied gerieflike en ruim selfsorg-akkommodasie in chalets vir gesinne, paartjies en toeriste wat op soek is na 'n ontspanne ervaring.

Al die chalets het 'n privaat badkamer, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kombuisie, 'n platskerm-TV met Dstv asook lugversorging. Daar is perkallinne, handdoeke en gaste-geriewe beskikbaar. Elke chalet het sy eie privaat parkeerplek en stoep met braaiplek. Die gesin-chalets het elk 'n dubbelbed, asook 'n stapelbed, terwyl die kleiner chalets slegs 'n dubbelbed het.

Kom geniet die ongelooflike uitsigte oor die landskap of koel af in die lodge se swembad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vioolsdrift Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za