Vipstjert

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Vipstjert is 'n knus, gerieflike en rustige selfsorg-eenheid met asemrowende uitsigte oor die Groot Brakrivier en die see.

Dié bekoorlike eenslaapkamerwoonstel is in die hartjie van die prentjiemooi dorpie, Groot Brakrivier geleë. Dis 'n knus, stylvolle en gerieflike eenheid wat goed toegerus en gemeubileerd is.

Die eenheid het slaapplek vir 3 volwassenes of 2 volwassenes en 2 klein kindertjies. Daar is 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n wasmasjien en 'n leefarea met 'n TV en 'n Smartbox sodat gaste programme op die internet kan kyk. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die leefarea het 'n enkelbed en 'n kleiner bedjie vir 'n kind.

Braaigeriewe is beskikbaar en die stoep kyk uit oor die pragtige rivier, die rustige dorpie en die see in die verte.

Dis net 5 minute se ry vanaf die strand en daar is ook tientalle goeie restaurante, kunsvlytwinkels, winkels, markies, watersport en 'n magdom doendinge vir oud en jonk in die omgewing.

Vipstjert is die ideale plek vir 'n rustige paartjie, 'n jong gesin of 'n sakereisiger.

Die woonstel is vas aan die hoofhuis, maar beskik oor 'n privaat ingang en gaste se privaatheid word hoog op prys gestel. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Rook is verbode by Vipstjert.

Slaapplek

'n Bespreking by Vipstjert sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 volwassene en 1 kind
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vipstjert gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R595 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]