Vir Altyd

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vir Altyd is 'n selfsorgvakansiehuis in die ekodorp Leeupoort, sowat 80 km vanaf Bela-Bela en 50 km vanaf Thabazimbi in die hartjie van Limpopo. Die huis is die ideale bestemming vir wildliefhebbers en het slaapplek vir 12 gaste.

Dié dubbelverdieping huis spog met 5 slaapkamers en 3 badkamers waarvan 2 en suite is. Elke slaapkamer is ook toegerus met lugversorgers/waaiers vir die hoe temperature wat kenmerkend aan Limpopo is gedurende die warm somermaande. Verder het Vir Altyd ook 2 sitkamers, 'n derde badkamer, 'n kombuis, eetkamer met binnebraai, onthaal area met braai en kroeg buite, asook 'n boma en buitestort vir diegene wat avontuurlustig voel. Onderdakparkeerplek is ook beskikbaar vir tot 3 voertuie.

Die natuurreservaat bied 'n selfry-wildrit aan gaste om wild te besigtig, maar dit is ook nie vreemd om sebra, wildebeest, eland, rooibok, vlakvark, nyala en koedoe op die perseel te gewaar nie.

Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die vierde slaapkamer het 2 driekwartbeddens en die vyfde slaapkamer het 4 driekwartbeddens.

Die grondvloer het 2 slaapkamers, 2 badkamers waarvan 1 en suite is. Die tweede badkamer het 'n stort. Die sitkamer het 'n TV met DStv. Die eetkamer het 'n binnebraai en die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, eetgerei en breekware.

Die boonste verdieping het 'n tweede sitkamer en 3 slaapkamers waarvan 1 en suite is.

Die huis het 'n kuierarea met 'n kroeg, braaigeriewe, 'n yskas, vrieskas, dranktrollie, 2 koelerbokse,en oorgenoeg sitplek. Daar is ook 'n boma, buitestort en 'n speelarea vir kinders.

Vir Altyd is 'n idilliese, bekostigbare wegbreek in die bos van die gejaagde lewe en 'n plek waar die siel en liggaam kan herlaai.

Slaapplek

'n Bespreking by Vir Altyd sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vir Altyd gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za