VJ'S Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

VJ'S Guesthouse is in die prentjiemooi dorp, Uitenhage, aan die voet van die Winterhoekberge geleë. VJ'S Guesthouse bied luukse verblyf en 'n restaurant op die perseel wat volledig gelisensieerd is waar gaste ontbyt en aandete kan geniet.

Die gastehuis beskik oor 11 luukse kamers met en suite-badkamers en 3 selfsorg-suites met volledige badkamers. Die dekor is luuks en elke eenheid het sy eie privaat ingang, lugversorging, DStv, toegang tot die tuin en gratis parkeerplek.

Die gastehuis spog met 'n restaurant op die perseel wat volledig gelisensieerd is. Gaste kan op versoek by die restaurant ontbyt op Maandae tot Vrydae vanaf 07:00 tot 09:00 geniet. Op Saterdae, Sondae en publieke vakansiedae kan gaste vanaf 08:00 tot 10:00 ontbyt geniet. Ontbyt moet 1 dag voor die tyd bestel word. Aandete is vanaf 17:00 tot 21:00. Die restaurant bied 'n volledige à la carte-spyskaart en gaste kan op versoek buite eet.

VJ'S Guesthouse is 500 m vanaf die Uitenhage Sportsentrum wat doendinge soos, netbal, vlugbal, binnenshuise sokker, pluimbal, muurbal, tafeltennis, boks, karate, gimnastiek, "handball" en binnenshuise hokkie insluit. Die gastehuis is ook net 30 minute se ry van Port Elizabeth Lughawe af.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die volgende in: Addo Olifantpark wat omtrent 'n uur se ry ver is, die Volkswagen Auto Pavillion wat fabriektoere bied, die Drostdy Museum en Nelson Mandela Wetenskap- en Tegnologiesentrum. Gaste kan ook die Element Spa, Uitenhage Gholfklub en Opulence Hair and Beauty Boutique besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na VJ'S Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R575 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za