Vleesbaai Strandhuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die HUIS is in die kusdorpie Vleesbaai geleë en bied puik gesins- en vakansieverblyf. Die huis is is op die boonste verdieping (toegang met trap), 200 m van die hoofswemstrand af en spog met pragtige see-uitsigte.

Die huis bestaan uit 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 3 badkamers, 2 met 'n stort, wasbak en toilet en 1 met 'n handstort, 'n bad, 'n toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die leefarea het 'n binnebraai en 'n aparte eetkamer met oorgenoeg sitplek. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gaste moet asb. hul lakens, kussingslope en handdoeke bring. Daar is kussing en matrasbeskermers oor beddens asook duvets, ekstra kussings en komberse.

Daar is geen skoonmaakdienste beskikbaar nie, wel skoonmaakmiddels. Die huis word deeglik skoongemaak deur eienaars voor gaste arriveer en met vertrek van gaste.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Let asb. op dat die trap wat toegang verleen tot die eiendom is steil en nie geskik vir bejaarde of gestremde persone nie.

Daar is slegs van die straat af parkeerplek vir 1 voertuig en 'n sleepwa. Daar is openbare parkeerplek binne loopafstand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vleesbaai Strandhuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]