Vlei House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vlei House is 'n selfsorghuis op 'n groot perseel wat aan die Wakkerstroomvlei grens. Dis 'n losstaande dubbelverdiepinghuis met 'n lieflike uitsig oor die vlei en omliggende omgewing. Die omgewing is ideaal as jy wil voëlkyk, voetslaan of net wil ontspan. Vlei House is naby Wakkerstroom se middedorp met klere-, kunsvlyt- en koffiewinkels, restaurante en 'n kroeg. Daar is ook 'n bakkery en 'n melkery.

Dié huis het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoof- en tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n aparte badkamer. Daar is 'n slaapbank in die sonkamer wat geskik is vir 1 gas, mits vooraf gereël word en is gewoonlik slegs vir kinders. Beddegoed word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n TV met sekere kanale, boeke, 'n DVD-speler en 'n houtstoof. Die groot sonkamer bied 'n lang etenstafel en 'n lieflike uitsig.

Daar is 'n braai-area met stoepmeubels, en oorgenoeg parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Vlei House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vlei House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 990 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za