Voetjieshang

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 20 Sep 2019 tot 27 Sep 2019.

Beskrywing

Voetjieshang is in die kusdorpie, Van Dyksbaai, tussen Gansbaai en Franskraal geleë. Die huis bied ononderbroke uitsigte oor die Kleinbaaihawe en die Indiese Oseaan.

Dié huis het slaapplek vir 8 volwassenes en 3 kinders. Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is nog 'n slaapkamer wat apart van die huis is met 3 klein enkelbedjies en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 10 gaste en daar is gemaklike banke in die sitkamer. Daar is ook 'n pooltafel en 'n platskerm-TV teen die muur met volle DStv en 'n kaggel.

Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met sitplek, 'n tafel en braaigeriewe. Die balkon bied 'n ononderbroke uitsig oor die see.

Slaapplek

'n Bespreking by Voetjieshang sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 3 kinders
1 x Kindermatras vir 1
1 x Kindermatras vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Voetjieshang gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 600 R4 140 per nag (plek vir 10)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 20 Sep 2019 tot 27 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za