Voorbaai Garden Flat 35706

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Voorbaai Garden Flat 35706 is 'n gerieflike vakansiewoonstel in Fraai Uitsig en het pragtige uitsigte op die Outeniqua berge en die Kleinbrakrivier.

Dié oopplan-woonstel het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Let asb. daarop dat daar geen kookgeriewe in die woonstel is nie en dat kook in die kamer nie toegelaat word nie. Daar is wel 'n buitebraai.

'n TV, DVD-speler en DStv-koppelpunt is beskikbaar, maar gaste moet asb. hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring.

Die woonstel lei na 'n houtdek met 'n uitsig oor die mooi omgewing en 'n draagbare braai. Veilige parkeerplek vir een voertuig is beskikbaar. Neem asb. kennis dat rook verbode is. Indien gaste langer bly, is daar 'n skoonmaakdiens een keer 'n week op versoek beskikbaar. Troeteldiere word nie toegelaat nie.

Die verblyf is 650 m van 'n klein sentrum af en 2 km vanaf Klein-Brakrivier se strand waar gaste kan visvang, bootvaart, branderplankry en walviskyk in seisoen. gaste kan ook voëlkyk in die area.

Slaapplek

'n Bespreking by Voorbaai Garden Flat 35706 sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Voorbaai Garden Flat 35706 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R910 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za