Voorbegin Bosveldverblyf
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 9 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R749 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Voorbegin Bosveldverblyf bied verblyf op 'n plaas minder as 'n halfuur se ry van Warmbad/Bela-Bela. Dit is 25 km buite Warmbad rigting Thabazimbi en skuil in die skadu van die pragtige Waterberge.
Daar is slaapplek vir altesaam 9 gaste, maar dit is in 2 verskillende geboue met lugversorging wat 'n entjie van mekaar af is.
Die selfsorg-chalet is ruim en privaat. Dit is ideaal vir naweekwegbreke, langer verblyf of selfs 'n Bosveldvakansie. Die eenheid het lugversorging, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n sit-area wat na 'n patio met braaiplek lei. Daar is 'n aparte slaapkamer, 'n badkamer en slaapplek vir tot 4 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, en in die sitkamer is ook 'n dubbelbed.
Die ander losstaande eenheid, die Woonstel, is direk agter die hoofhuis geleë, maar het 'n privaat ingang. Dit het 2 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n bad en 'n stort deel.
Die een kamer het 'n dubbelbed en die ander kamer 3 enkelbeddens. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, tweeplaatstofie met 'n oond, broodrooster, ketel en volledige eetgerei. Die woonstel is geskik vir kort verblyf, soos vir reisigers, mense wat in die omgewing moet werk of dié wat by bepaalde sportgebeurtenisse betrokke is.
Let asb. daarop dat die eenhede nie TV's of WiFi het nie.
Belangstellendes wat na die foto's kyk moet asb. seker maak dit pas by die kamers, om verwarring te voorkom.
Daar is 'n swembad by die eienaars se huis en is tot alle gaste se beskikking, asook 'n plaasdam waarin gaste kan swem as hulle nie bang is vir kurpers nie. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Daar is visse in die plaasdam en daar geld 'n vang-en-vrylaat reël.
Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, asook bosveldhout by die braaiplekke en heerlike tuisgebakte beskuit vir jou oggendkoffie en wanneer beskikbaar, 'n halfdosyn plaaseiers vir die ontbyt.
Kinders het die geleentheid om meer oor die plaaslewe te leer aangesien daar 'n verskeidenheid bokke en plaasdiere is. Kinders kan selfs help om eiers bymekaar te maak.
Neem net kennis dat daar geen kaartgeriewe is om uitstaande gelde te betaal nie en kontant sal gevolglik waardeer word.
Besienswaardighede in die omgewing sluit Adventures with Elephants, Zebula Gholfbaan, Bambelela Wildlife Care, Thaba Pitsi Natuurreservaat, Waterberg Zipline Adventures, Mabalingwe Natuurreservaat en die nuwe IngiloziPark in.
Spesiale maatreëls is getref rakende higiëne in beide eenhede ter voorkoming van virusse.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
- Duits
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Voorbegin Bosveldverblyf het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 9 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Raasblaarweg 54, Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom