Vorstershoek Farm Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie bekoorlike, plattelandse selfsorgkothuis is geleë tussen Lady Grey en Barkley-Oos en het eindelose, asemrowende uitsigte. Oral waar jy ry bied dié area manjifieke uitsigte wat uniek is aan die area.

Die kothuis het slaapplek vir 6 en dit is ideaal vir 'n gesin. Die atmosfeer is baie huislik. Die kothuis is mooi versier in 'n tipiese kothuisstyl. Die stoffering, linne en vloere is puik gehalte. Al die beddens is oorgetrek met elektriese komberse omdat dit snags so snerpend koud word. Die kaggel in die leefkamer is ook ideaal in dei winter en vuurmaakhout word voorsien. Die eetkamer-area vorm deel van die leefkamer. Die kombuis is volledig toegerus met moderne geriewe: mikrogolf, oond, stoof, vries- en yskas.

Buite is 'n boma met braaigeriewe. Die eenheid het ook 'n privaat ingang en stoep. Gratis WiFi is beskikbaar.

Vorstershoek Farm Cottage is naby die unieke dorpie Lady Grey waar die Passiespele elke jaar deur die Lady Grey Kunsakademie uitgevoer word. Twee unieke ervarings, een in die winter en een in die somer. Twee verskillende wêrelde op een plek. Hierdie streek is bekend vir swaar sneeu en is dus ideaal vir besoekers wat sneeu wil ervaar ('n sneeuman wil bou en lekker in die sneeu wil speel). Die area is die perfekte vakansiebestemming. Gaste kan lekker in die tuin ontspan of gaan stap in die natuur of by die damme. Dis ideaal geleë, slegs 110 km voor die gewilder dorp Rhodes, waar SA se enigste ski-oord Tiffindell Ski Resort is.

Slaapplek

'n Bespreking by Vorstershoek Farm Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Telefoon

Ekstras

  •  Mandjie met Peuselhappies
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vorstershoek Farm Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za