Vrede Fountain House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fountain House bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerhuis op 'n Karooplaas wat al vir 4 generasies aan dieselfde familie behoort. Die plaas is 42 km van Graaff-Reinet af. Dis die ideale plek om te ontspan omring deur panoramiese uitsigte op die omliggende berge.

Die huis het 3 slaapkamers, 'n kombuis, 'n sitarea en 'n eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Die ruim kombuis het 'n oond, stoof, yskas en 'n ontbyttoonbank. Die leefarea het sitplek vir 6 gaste rondom die etenstafel en daar is 'n sitarea wat toegang bied tot 'n lieflike dek met uitsigte oor die landskap.

Gaste kan in die veld stap, voëlkyk of in die rivier aan die onderpunt van die huis swem. Die dek het buitemeubels en is dus die ideale plek om met 'n boek te ontspan of die uitsig in te neem. De Vrede-plaas is op 'n bewarea met toegangsbeheer. Die nodige toegangskodes sal op die inklokdatum aan gaste gestuur word.

Slaapplek

'n Bespreking by Vrede Fountain House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vrede Fountain House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za