Vyver's Rus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vyver's Rus is op 'n privaat plaas sowat 10 km buite Ladismith aan die voet van die Klein-Swartberge in die Klein-Karoo geleë. Verblyf word gebied in 2 bekoorlike selfsorgkothuise. Hierdie kothuise het uitsigte oor 'n dam waar gaste rustig kan ontspan. Die plaas is op die bekende Roete 62 geleë en die hoofroetes wat na Kaapstad en Oudtshoorn lei is maklik van hier af bereikbaar.

Kliphuis het slaapplek vir 6 gaste. Dié oopplan-kothuis het slaaparea onder, 'n solderkamer, privaat badkamer en 'n oopplan-leefarea. Die leefarea het 'n tafel met 6 stoele, 'n toegeruste kombuis en gerieflike banke. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n piekniekbankie en bied 'n pragtige uitsig oor die dam en op die berg. Die kothuis is nie toegerus met elektrisiteit nie, maar daar is 'n gas-warmwatersilinder, LED-ligte en 'n yskas wat met sonkrag werk.

Veldhuis het 2 slaapkamers met slaapplek vir tot 4 gaste. Daar is 1 dubbelbed in die hoofslaapkamer, 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer, 'n privaat badkamer, 'n oopplan-kombuis en -eetkamer en 'n gerieflike sitkamerarea. Die eetarea is toegerus met 'n eetkamerstel, goed toegeruste kombuisie en 'n kaggel. Hout en braaigeriewe is beskikbaar. Die leefarea het 'n uitsig op die Towerkopberg.

Doendinge in en om die omgewing sluit staproetes en perdry, 4x4-roetes, wildkyk, wynproe en voëlkyk in. Gaste kan die Touwsberg Privaat Wild- en Natuurreservaat besoek wat sowat 35 van die plaas af is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vyver's Rus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]