Walker Bay Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Walker Bay Manor is 'n bekoorlike, onlangs opgeknapte gastehuis met asemrowende uitsigte oor die berge en die Atlantiese Oseaan. Die gastehuis is 'n paar minute van die hartjie van Hermanus af oorkant die walvis-kranspaadjie en om die draai van Hermanus se bekende gholfbaan af. Dit is ook net 'n paar minute se ry van die plaaslike strande af.

Al die slaapkamers is elegant versier en bestaan uit 'n en suite-badkamer, WiFi, TV met DStv en 'n eerlikheidskroeg. Elke slaapkamers het sy eie ongelooflike uitsig oor die oseaan, tuin of berg. Walker Bay Manor het 'n sprankelende swembad in 'n groot tuin met braaigeriewe.

'n Volledige Engelse ontbyt of ligte ontbyt is ingesluit en 'n tweegangmaaltyd is beskikbaar vir gaste wat nie by een van die uitstekende restaurante in Hermanus wil uiteet nie.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Walker Bay Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za