Walkersons Marks Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Walkersons Marks Cottage is 'n selfsorghuis op 'n privaat landgoed 16 km vanaf Dullstroom-sentraal. Die vakansiehuis bied pragtige uitsigte oor die landgoed se damme en valleie.

Walkersons Marks Cottage bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor die hoofhuis met 3 slaapkamers en 3 badkamers en die kothuis met 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer in die hoofhuis het elkeen 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot die derde badkamer. Die kothuis se hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens.

Die hoofhuis het 'n goed toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, ingeboude oond met 'n stoof en ander toebehore. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met bankies en die sitkamer langsaan het 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea bied toegang tot die tuinarea met braaigeriewe. Daar is ook parkeerplek vir 2 voertuie.

Slaapplek

'n Bespreking by Walkersons Marks Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Walkersons Marks Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 650 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za