Warner Beach Akkommodasie by Warnadoone | LekkeSlaap
+17

Warnadoone

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ashwell-rylaan , Warner Beach, Amanzimtoti, 4001, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Warnadoone bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde tweeslaapkamerwoonstel in die Warnadoone-kompleks in Warner Beach. Die woonstelkompleks is gerieflike geleë op die strandfront, en gaste kan see- en stranduitsigte vanaf die woonstel geniet.

Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, ysmasjien, ketel, broodrooster, oond, stoof, eetgerei, breekware, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Daar is ook 'n ontbyttoonbank. Die sitkamer het 'n TV en lei na die oopplan-eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 6. Badhhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Gaste het toegang tot 'n toesluitmotorhuis en 'n skoonmaakdiens is teen 'n addisionele koste beskikbaar. Warnadoone bied 'n gemeenskaplike braai-area, eksklusief aan inwoners. Oorkant die woonstelblok, op die strand, is die restaurant, Baggies.

Die woonstelblok is oorkant die straat van Warner Beach se hoofstrand, my sy getypoel en rustige lagoon. Daar is 2 strande voor die woonstelle wat gewild is vir swem, branderry, branderplankry, vlieërplankry en visvang. Die noordelike strand word gereeld deur lewensredders gepatrolleer. Die suidelike strand word slegs tydens hoogseisoen gepatrolleer. Die Warnadoone Shore Angling Club is sleg 130 m vanaf die woonstelblok.

Die ligging bied toegang tot supermarkte, soos Woolworths, Pick 'n Pay, Spar, Checkers, sowel as 'n verskeidenheid restaurante, wegneemeteplekke, en videowinkels. Galleria Mall is 6,8 km weg met 'n verskeidenheid winkels, restaurante, wegneemeteplekke, 'n binnenshuise ysskaatsbaan, 'n kegelbaan, putt-putt en 'n bioskoop.

Slaapplek

’n Bespreking by Warnadoone sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Warnadoone
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Ashwell-rylaan , Warner Beach, Amanzimtoti, 4001, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Warnadoone het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 4)
Vanaf R700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ashwell-rylaan , Warner Beach, Amanzimtoti, 4001, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 10
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAECym6yd4Pta8uwHYX5JiL483koEvqZh6hOIbJY0bjAhjdzzGrP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 Ashwell Drive Warner Beach 4001 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.079076531091 30.870655953373
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za