Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterberg Guest Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Okosongomigo Plaas 149, Otjiwarongo, 0000, Otjozondjupa
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 330 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Waterberg Guest Farm is aan die voet van die majestueuse Waterbergplato in die noorde van Namibië geleë. Dié lodge bied gerieflike verblyf op 'n 42 000 ha-paradys van natuurlike Afrika-grasvlakte. Die gasteplaas is gerieflik langs die hoofpad, halfpad tussen Windhoek en die Etosha Nasionale Park geleë.

Die oorspronklike 1930-bestuurdershuis is in 'n gastehuis omskep met 3 en suite-dubbelkamers en 1 gesinseenheid vir 4 gaste. Elke kamer het 'n toilet, stort en 'n wasbak, en een van die kamers het ook 'n bad. Daar ook 'n Maxi-hut en 'n Boshut wat aan die berghange van die Klein Waterberg skuil. Die unieke boshutte is volgens die tradisionele Herero-metode gebou en slegs natuurlike materiale van die omliggende omgewing is gebruik in die bouwerk. Die eenhede is aan die binnekant met kontemporêre Afrika-dekor versier en bied moderne geriewe. Gaste kan ook kies tussen binne- of buitestorte met lieflike uitsigte oor die omgewing.

Die ruim eetkamer en gerieflike sitkamer in die gastehuis is die ideale plek om na 'n lang dag te ontspan. Die tradisionele grasdaklapa langs die swembad bied die geleentheid vir 'n al fresco-ete met 'n eerlikheidskroeg vol voorraad. Hiér kan gaste op die houtdek sit en die watergat met spreiligte dophou soos wildsbokke, vlakvarke en soms luiperds kom suip. Gaste kan ook gerus hul oë oophou vir die bobbejane.

Met aandete kan jou gashere hulle kennis van verskeie diverse onderwerpe deel, van die plaaslike geskiedenis en kultuur, wild en natuur, bewaringspogings en roofvyandbeheer, tot die werklikhede van die daaglikse lewe op 'n Namibiese plaas. Gaste kan gaan wildkyk op begeleide wildritte deur die ruwe landskap in 'n 4x4-wildkyk-voertuig, of 'n skemerkelkie by die swembad geniet, terwyl hulle die sonsondergang anderkant die Waterbergplato bewonder.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • Okosongomigo Plaas 149, Otjiwarongo, 0000, Otjozondjupa
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Otjozondjupa Namibië
Vanaf
Vanaf R3 330
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R3 330
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Okosongomigo Plaas 149, Otjiwarongo, 0000, Otjozondjupa
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA98f25f1552c924aa593878201e959c07e26b20633b2ee61a7daa568eaa1cfa079f93f4e4f5e4124f7248eae6752eecea4921?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 330 per nag, vir 2 mense 149 Farm Okosongomigo Otjiwarongo 0000 Otjozondjupa 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -20.645441 17.098377