Waterberg Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterberg Lodge is deel van Zebula Gholflandgoed. Dit is in 'n stil hoek van die reservaat geleë en waarborg sodoende 'n onverstoorde bosveld-ervaring aan gaste.

Die lodge beskik oor 16 pragtig versierde kamers met 'n rustige, ontspanne atmosfeer waar jy weer bietjie kan mens word. Elke kamer het 'n gemaklike koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n elegante en suite-badkamer met 'n bad en stort. Geriewe in die kamer sluit 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, afstandbeheerde lugversorging, digitale kluis, haardroër, kroegie en koffie- en teemaakgeriewe in. Geniet die uitsig oor die plat vlaktes en bokke wat wei teen die agtergrond van die majestueuse Waterberge vanaf jou privaat dek of balkon.

Ons het ook 'n restaurant, kroeg, konferensiesaal, Jacuzzi en randvloeiswembad op die perseel. Gaste kan 'n Suid-Afrikaanse aandete-braai geniet in ons boma, of smul aan smaaklike etes wat in ons stylvolle restaurant bedien word. Jy kan jou eie wyn kies uit ons dekadente wynkelder, wat uitstekende Suid-Afrikaanse wynsoorte bied.

Gaste kan ook 'n verskeidenheid aktiwiteite en dienste geniet wat aangebied word deur die Zebula Gholflandgoed. Gaste kan gholf speel, 'n wildrit onderneem of gaan stap, 'n lewendige ontmoeting met ons olifante, groot katspesies en reptiele ervaar, of gaan vir 'n bederfsessie by die Zebu Spa.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Videospeler

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterberg Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 120 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za