Waterberry Hill

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterberry Hill bied selfsorg-chalets met 'n koloniale styl wat omring word deur inheemse bosse skuiling bied vir 'n verskeidenheid voëls en diertjies.

Elke chalet is gerieflik gemeubeleer en beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis vir al jou selfsorgbehoeftes. Elke chalet het 2 slaapkamers en 2 badkamers.

Speel tennis, mini-gholf en tafeltennis, of koel af in die groot swembad.

Dalk is jy lus om in jou motor te klim en die besienswaardighede in die omgewing te verken soos die Krugerwildtuin, God's Window, Bourkes Luck Potholes en die Blyderivierspoort met sy luisterryke watervalle. Hazyview is net 6 km van die oord af en dit is 'n lekker uitstappie waar gaste unieke winkels, handewerk, restaurante en kroeë kan verken.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterberry Hill gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 030 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za