Waterblom in Pringle

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterblom in Pringle en die aparte privaat ateljeewoonstel Kleinblom in Pringle is aan die einde van 'n doodloopstraat op Pringlebaai se skiereiland geleë en bied puik verblyf vir gaste wat dié pragtige kusdorpie in die Wes-Kaap besoek. Dié verblyf is smaakvol gemeubileer met oorspronklike kunswerke. Die hoofhuis en privaat ateljeewoonstel bied saam slaapplek aan 10 gaste.

Die hoofhuis bied slaapplek vir maksimum 8 persone in 3 aparte slaapkamers en 'n lugtige solder met 'n koningingrootte-bed. Al die slaapkamers beskik oor dubbelbeddens of koningingrootte-beddens. Waterblom het 2 badkamers; 1 met 'n groot, moderne stort en die ander met 'n bad. Daar is ook 'n buitestort met 'n pragtige uitsig oor die fynbos en berg.

In die middel van Waterblom is daar 'n kaggel met vuurmaakhout wat die winterkoue sal beteuel. 'n Afgewitte stel trappe lei na 'n ruim woonkamer met gerieflike rusbanke en 'n platskerm-TV (48") met volledige DStv. Daar is nog 'n TV met "Dual View" in een van die slaapkamers. Gaste is welkom om die groot biblioteek te deursoek vir 'n lekker boek.

Die kombuis is van Oregon-dennehout en is ingerig met moderne geriewe, soos 'n skottelgoedwasser, kookgerei, 'n Nespresso-masjien en koffiedompelpotte ("plungers"). Die formele eetkamer bied sitplek vir 12 gaste en vir diegene wat eerder meer informeel wil kuier, is daar 'n Franse kombuistafel met 8 stoele. Daar is 'n groot houtdek met 'n dramatiese uitsig oor die branders en die sonsondergang.

Kleinblom is 'n privaat-ateljee met 2 groot enkelbeddens op dieselfde perseel. Dié woonstel kan apart bespreek word. Kleinblom het 'n kombuisie, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 2 wasbakke, waarvan 1 gebruik kan word om skottelgoed uit te spoel. Die kamer ontvang lekker sonlig, is warm en gesellig. Die kombuisie het 'n Nespresso, koffiedompelpot, ketel, yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolf, eetgerei en breekware. Verder het die eenheid 'n rusbank vir 2 en 'n platskerm-TV (42") met DStv.

Dit is die perfekte vakansieplek of vir diegene wat wil wegbreek om te skryf, te verf of net 'n kreatiewe blaaskans wil geniet. In Pringlebaai kan gaste die strand verken, in die berg gaan wandel, die skaars Swarttobie gewaar waar hulle nesmaak in die duine, en walvisse en dolfyne dophou in seisoen. Jonk en oud is mal oor die warm water van ons beskermde strandmeer waar die Buffelsrivier die see ontmoet.

Waterblom is ideaal geleë om die Boland en Overberg te verken. Die pikkewynkolonie en bekende Harold Porter Botaniese Tuin is 10 minute ver, verskeie gholfbane net 20 minute, en die wynplase en Hermanus met sy walvisse is net 45 minute se ry. Kaapstad Internasionale Lughawe is 50 minute en ons is net meer as 'n uur se ry vanaf Kaapstad se middestad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterblom In Pringle gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za