Waterfall, A Forever Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterfall, A Forever Lodge is 'n 3-ster-lodge in die Kranspoortberge tussen Middelburg en Loskopdam in Mpumalanga. Dié lodge is ideaal vir vakansiegangers en sakelui wat op soek is na 'n heerlike wegbreekplek met heelwat doendinge op die perseel.

Ons het 7 houthuisies en 5 kampeerplekke. Die huisies is ideaal vir paartjies, vriende en gesinne. Elke huisie het 1, 2 of 3 ruim, unieke slaapkamers met dubbel- of enkelbeddens en 'n aparte of en suite-badkamer met stort of bad met handstort, wasbak en toilet.

Verder het elke huisie 'n kombuisie met 'n paar toebehore en koffie- en teemaakgeriewe, sitarea met netjiese sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n privaat stoep of balkon met lieflike uitsigte oor die omgewing, 'n kaggel en ander luukshede vir jou gerief.

Heerlike geregte is te vinde by die lodge se restaurant in die hoofgebou en daar is ook 'n kroeg en 'n swembad waarin jy kan afkoel. Sakereisigers het toegang tot 'n konferensielokaal met moderne geriewe. Verskeie funksies en sosiale byeenkomste kan ook hier gehou word. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Gaste kan net lekker ontspan of deelneem aan een van die vele doendinge, soos wildritte, 4x4-roetes, staproetes en vele meer!

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterfall, A Forever Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R280 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za