- Slaapplek vir 7 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 19 Jasus Lalandi Street, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Waterfront is in Lambertsbaai geleë en bied gehalte-verblyf net 30 m van die strand af. Die houthuis bied 'n rustige atmosfeer, en gaste kan selfs deur die Weskus Fynbos-reservaat na die strand stap.
Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede, wat saam teen 'n afslagprys vir 'n groot groep bespreek kan word. Slegs gaste van dieselfde groep word in een of albei eenhede gehuisves om privaatheid in die gedeelde areas te verseker.
Eenheid 1 is 'n enkelwoonstel en beskik oor 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Dit het 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid bied ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, yskas en 'n slim-TV met DStv en gratis WiFi. Dit het toegang tot die gedeelde leefarea met 'n binnebraai en TV, 'n eetarea en die leefarea se kombuis toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, vrieskas, breekware en eetgerei. Die kamer lei na 'n patio met buitemeubels en 'n see-uitsig.
Eenheid 2 bestaan uit 2 slaapkamers en bied slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind onder 12. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het ingeboude kaste. Daar is 'n badkamer met 'n stort, sowel as 'n kombuisie waar gaste hul eie maaltye kan voorberei. Daar is 'n slaapbank in die sitkamer vir 'n kind onder 12. Die sitkamer bied 'n see-uitsig en is toegerus met 'n slim-TV en die volle DStv-pakket. Gaste kan hul eie Netflix-intekening gebruik. Gratis WiFi is ook op die perseel beskikbaar. Die woonstel lei na 'n patio waar gaste pragtige sonsondergange kan geniet.
Daar is ook 'n buitebraai en 'n gedeelde leefarea met 'n binnebraai en 'n volledig toegeruste kombuis. 'n Weber-braai is beskikbaar indien gaste op die patio wil braai.
Veilige parkering is op die perseel beskikbaar. Gaste kan op die eiendom agter geslote hekke of voor die huis parkeer.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Drika Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 65
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 19 Jasus Lalandi Street, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Waterfront het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
19 Jasus Lalandi Street, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 7 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang